Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik. 

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Bank Besonderhede

Bydraes kan soos volg gemaak word: Elektroniese oorbetaling, gemerkte koevert in offergawes met kontant/tjek, debietorder (kry vorm by info-toonbank) of per kaart by die boekwinkel.

Rekeningnaam: NG Gemeente Moreletapark
Tak: 63 20 05, ABSA Woodlands
Rekeningnr: 3490 143 547 - Tjekrekening

Algemene verwysings

Dankoffer: 1000 101
Geloofsoffer (sending): 1000 200
Woodlands boufonds: 1000 700
CGD: 2000 112

Stuur bewys van betaling na finansies@moreleta.co.za of faks dit na: 086 611 9090 indien jy ’n deposito vir enige ander bediening doen.

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service