Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik. 

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Skakel in by ons eredienste

LUISTER LEWENDIG!

Om te sien wie wanneer preek, kliek hier vir die nuutste afkondigings. 

 


M@9 - 09:00 in die oudit

Hier is ‘n ruimte en atmosfeer waarin almal God se teenwoordigheid kan ervaar. ‘n Beplande erediens struktuur word gevolg, maar ons is oop vir die Here se ingryping en glo die Heilige Gees is te alle tye teenwoordig. Ons het respek vir God en sy kerk en daarom is elke aspek van M@9 stylvol, maar ook gemaklik en informeel.


3Ddiens - 17:30 in mini-oudit

Die aanddiens is ook ‘n leerdiens! Ons wil tyd maak met God se Woord en die dieper kennis daarin oopbreek. Die fokus val nie op die gemeente of gemeente-bedrywighede nie, maar op elke individu se pad met God en sy woord. Ons wil graag dat elkeen wat die diens bywoon ‘n persoonlike ontmoeting met God kan hê en die preekinhoud vir homself kan toeeïen.


Jeugdiens - 17:30 in die oudit

Die jeugdiens skep ‘n atmosfeer waarin jongmense God se teenwoordigheid intens kan ervaar. Die jeugdiens wil jongmense uitdaag, motiveer, inspireer en aan die brand steek om voluit vir God te leef! Jongmense het ‘n diep behoefte om God in hulle sonde, seer en vrae te ontmoet. Hier kry jongmense gereedskap vir hulle reis met Christus sodat hulle in hulle eie wêreld kan staan en uitstyg. By die jeugdiens kan elke jongmens tuis voel. Die atmosfeer is lig en helder en die aanbiedingstyl en kleredrag is informeel.


Algemene kontakbesonderhede:

Telefoon: 27 (0)12 997 8000  Faks: 086 677 8888

Adres: De Villebois Mareuilrylaan 1353, Moreletapark x83

Posadres: Moreletapark Gemeente, Posbus 39541, Moreletapark 0044 

 

Padaanwysings na die Woodlandssentrum in De Villebois Mareuilrylaan 1353:

Op die N1 hoofweg, neem die Rigellaan afrit. Draai by die robot in ’n oostelike rigting na Moreletapark. By die 3de robot draai links in Hans Strijdomrylaan.  Ry reguit aan verby 2 verkeersligte, by die derde verkeerslig, draai regs in Garsfonteinweg.  Ry oor 3 robotte, draai regs by die 4de robot in De Villebois Mareuilrylaan. Die Woodlands Gemeentesentrum lê op linkerkant oorkant die Woodlands Lifestyle Estate. Draai links by die robot en in by die hoofingang van die gemeentesentrum.

Sien kaart hieronder:

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service