Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik.

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Doop kursus [Tweede kwartaal 2012]

Meer Besonderhede

Doop kursus [Tweede kwartaal 2012]

Time: April 21, 2012 to June 21, 2012
Location: Moreletapark Gemeente
Phone: 012.997.8000
Event Type: kursus, doop
Organized By: elize.engelbrecht@moreleta.co.za
Nuutste Aktiwiteit: Mar 28

Export to Outlook or iCal (.ics)

Beskrywing Van Gebeure

’n Geestelike ervaring...


“Laat die kindertjies na My toe kom …want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle”. Luk 18:16 


Ouers belowe voor God dat hulle die doop nie aan hulle kinders laat bedien bloot uit gewoonte of omdat dit ’n goeie tradisie is nie. Deur die doopkursus wil die kerk elke doopouer help om die Bybelse begronding van die kinderdoop te verstaan en hul kind met die regte motiewe en oortuigings te laat doop. Die kursus bestaan uit 3 sessies wat handel oor die plek van kindertjies in God se verbond, die geloof van die doopouers en wat dit in die praktyk beteken om kinders in ’n Christelike huis groot te maak vir die Here. Elke ouer ontvang met registrasie ’n doopkursus-handleiding. Hieruit kan man en vrou saam Bybelstudie doen, vrae bespreek en hulle goed voorberei vir elke aand se sessie.

Ouers moet die doopkursus liefs sonder hul babas bywoon. Tref asb vroegtydig reëlings daarvoor. Die Leraarkring bedank u vir u samewerking in die verband. Alle lidmate wat hulle babas wil laat doop moet eers die kursus deurloop. Ook ouers wat ’n toestemmingsbrief by die kerkraad verkry om hulle kinders in ander gemeentes te laat doop, moet ook eers die kursus voltooi.

Datums:
21 April 2012
3, 10, 24 Mei 2012
7, 14, 21 Junie 2012

Laai ook sommer alreeds die volledige doop program hier af.

Alle Kommentaar

Voeg Kommentaar By

RSVP vir Doop kursus [Tweede kwartaal 2012] om te kan saamgesels!

Join Moreletapark Gemeente

Gaste (1)

Video van die week

Oudio

Loading…

Foto's

Loading…
  • Voeg Foto's By
  • Sien Nog

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service