Die EEIII bediening bied gereeld praatjies aan oor relevante onderwerpe in die EEIII konteks. Die praatjies is waardevol as jy deel is om wil deel vorm van die EEIII beweging in ons gemeente.
Enigiemand is welkom en dit word om 19h00 in die Perssaal, op genoemde datums aangebied. Toegang gratis.
Hier is die kort oorsig van elke EEIII spreker se onderwerp:
6 Feb :Gebed vir Evangelisasie - Corrie Huyser
Dit is belangrik om te weet dat daar wel 'n verskil in strategie is geduurende Evangelisasie Gebed en Binnekamer gebed. Om sonder gebed te evangeliseer is om sonder brandstof in jou motor te wil ry. Hoekom sien mense nie altyd deurbraak tydens gebed nie?
13 Feb 2012: Voorvader Geeste - Elisabeth Jordaan
Dit is iets waarmee ons elke dag in kontak kom in die markplein, maar ook nie genoeg van weet nie. Dit is 'n lekker inligtingsessie waartydens ons mites en dogma sal bespreek en kennis opdoen vir Evangelisasie kontak.
20 Feb 2012: Evolusie - Louw Alberts
Alhoewel ons al baie oor die Ontstaan en Ontwikkeling van die Mens gepraat het, kan ons nog baie leer. Aangesien Evolusie in meeste skole geleer word en tv ook baie dokumentêre programme vrystel is dit goed om hierna te kyk vanuit 'n Christelike oogpunt en dit beter te verstaan. Willem Botha, Radio Rippel en Radio Kansel spreker en Evolusie kenner, gaan ook bywoon.
5 Mrt 2012: Objectives on sharing the Faith with Jewish People - Manfred Nochomowitz
Hier gaan ons bietjie kyk na die teenkanting wat ons as Christene van Jode kan kry en hoe om dan Jesus aan hulle uit te wys en die Evangelie met hulle te deel.
19 Mrt 2012: Spiritual Mapping- Gerda Lightgib
Ons is terug by Gebed en Strategie. Hier gaan ons bietjie leer hoe om voorbereiding te tref vir 'n gebied (Buurt; Dorp/Stad; Land ens.) net voor daar inbeweeg word met uitreike of evangelisasie. Voorbeelde gaan prakties gewys en gedoen word. Dit is vir almal in gemeente wat al ooit gebid het, nog moet begin, nog wil begin. VEPLIGTEND VIR AL DIE EEIII GEBEDSVRIENDE VAN DIE SEMESTER t.o.v. voorbereiding vir SunnySide Uitreike.
7 Mei 2012: Vrymesselary - Gideon Du Plessis
Praktiese voorbeelde in en om ons eie gebied tov Vrymesselary sal uitgelig word. Dit sal so interesant en prakties moontlik wees. Voorbereiding is alles veral as jy kyk na Ef 6"...so that you will be able to stand firm against all strategies and tricks of the Devil. For we are not fighting against people made of flesh and blood, but against the evil rulers and authorities of the unseen world" Dit is wat Vrymesselary is!
RSVP vir EEIII Spreekgeleenthede [eerste kwartaal] om te kan saamgesels!
Join Moreletapark Gemeente