Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik.

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

GPS Kursus [Eerste kwartaal 2012]

Meer Besonderhede

GPS Kursus [Eerste kwartaal 2012]

Time: February 22, 2012 to March 4, 2012
Location: Moreletapark Gemeente
Phone: 012.997.8000
Event Type: kursus, gps
Organized By: elize.engelbrecht@moreleta.co.za
Nuutste Aktiwiteit: Feb 22

Export to Outlook or iCal (.ics)

Beskrywing Van Gebeure

GPS STAAN VIR:
G = GEMEENTE GOD’S
P = PLAN vir OF POSITIONING
S = SAAM GROEI SYSTEM

… jou eerste tree tot toerusting in Moreletapark Gemeente

By hierdie kursus hoor jy hoe ons gemeente funksioneer. Die kursus spreek ook jou Geestelike Groeipad tot volwaardige lidmaat in die Kerk van Jesus Christus aan. Dié gratis kursus strek oor 5 weke en daar word elke kwartaal 'n kursus aangebied. Dit vind gewoonlik Sondagoggende plaas vanaf 08:30 - 10:30.


Ons hoop en glo dat hierdie kursus vir jou tot seën sal wees, jou vinnig sal laat tuis voel en 'n nuwe rigting sal aandui in jou geestelike vernuwing en in jou pad saam met die Gemeente van Christus.

Datums:
5, 12, 19, 26 Februarie & 4 Maart 2012

Alle Kommentaar

Voeg Kommentaar By

RSVP vir GPS Kursus [Eerste kwartaal 2012] om te kan saamgesels!

Join Moreletapark Gemeente

Gaste (1)

Video van die week

Oudio

Loading…

Foto's

Loading…
  • Voeg Foto's By
  • Sien Nog

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service