Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik.

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Wowkids Soul Buddies Kamp

Meer Besonderhede

Wowkids Soul Buddies Kamp

Time: March 2, 2012 to March 4, 2012
Location: Kwaggasrus Kampterrein
Phone: 012 997 8060
Event Type: kamp, wowkids
Organized By: Jorrie Jonker
Nuutste Aktiwiteit: Feb 16

Export to Outlook or iCal (.ics)

Beskrywing Van Gebeure

Gr 4 – 6 Wowers!

Kom kuier saam met ons op die “Soul Buddies” kamp, 2 – 4 Maart op Kwaggasrus. Die kamp kos R420,00. Ons gaan jol, lag, swem en saam meer van Jesus leer. Gryp jou buddies en oorreed pa en ma om julle dadelik in te skryf. Laai die inskrywingsvorm van die web af of kom skryf in by die kerk se boekwinkel, Maandag tot Vrydag 08:00 – 16:00. Die sluitingsdatum is Woensdag 29 Februarie.

Laai die inskrywingsvorm hier af: Gr 4-6 Kamp Inskrywingsvorm

Vir verdere inligting kontak Jorrie by 012 997 8060 of jorrie@moreleta.co.za, Anne by 012 997 8009 of Anne.robbertse@moreleta.co.za

Alle Kommentaar

Voeg Kommentaar By

RSVP vir Wowkids Soul Buddies Kamp om te kan saamgesels!

Join Moreletapark Gemeente

Gaste (1)

Video van die week

Oudio

Loading…

Foto's

Loading…
  • Voeg Foto's By
  • Sien Nog

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service