Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik. 

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Welkom by die Gemeenskapsfokus!

Gemeenskap fokus?

‘n Buzz-woord, ‘n roep-woord, ‘n Aksie-woord, ‘n gee-woord, ‘n baie geliefde en gebruikte woord in kerkkringe, regeringskringe en vriendekringe.


Aan: Mense in nood
Van: Mense wat wil help

Niemand kan blind en doof (in denial) leef en langer rustig slaap nie om ons kom skreeu geleenthede om vir mense lig en verligting te bring.

Daarom moedig ons almal aan om ons Here Jesus se voetspore en teenwoordigheid te bring in die besige mense en strate en kantore in ons metropool.

Ons kyk en soek met n wyehoek lens na die gemeenskap van TSHWANE.

Wie soek en bedien ons?

Gewone mense, oud & jonk, kunstenaars, rugbyspelers, mopkoppe, hellevaarders, skinderbekke, eensames, armes, rykes, individualiste, ooms en tannies, vreemdelinge, bedelaars, verveeldes, foonsnolle, siekes, weduwees en wese, sondaars, binne-en buitekerklikes, snobs, seders in Waterkloof, brekers en krakers, tegnologiese verdwaaldes, nerds en gewone mense wat Jesus se lewenskrag en energie benodig en God se lewensasem wil ontvang en in hulle lewe.

Hoe doen ons dit?

Kom kyk, kom klop aan en kom help!


Projekte reeds deel in die visie:

Pure hope, Pen, Vastfontein, TLF, dominees, kleuterskole, evangeliste, omgee mense en groepe, Christus-ambassadeurs, GAP, Enkelbedienings, Helplift ens. ens. EN JY!!

Vir meer inligting kontak ons gerus op:

Karus Prinsloo
012 997 8045
karus@moreleta.co.za


Marlene Jordaan
012 997 8062
marlene.jordaan@moreleta.co.za


Braam van Zyl
braam.vzyl@moreleta.co.za

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service