
By Gemeentefokus val die klem op geestelike groei en verdieping vanaf kleuters tot senior burgers. Ons wil almal wat in hierdie groep val mobiliseer om betrokke te raak om sodoende ’n doelgerigte dissipelmaker te word. Jeus moet alles in elkeen wees (van 0 tot 100).
Gemeentefokus bestaan uit die volgende bedieninge:
KLEINGROEPE (OMGEEGROEPE)
Gemeentelede word in kleiner groepies gemobiliseer. Soos met die eerste gemeente in Handelinge 2, raak elke gemeentelid aktief betrokke by mekaar, by die groter visie van die gemeente en die uitdra van God se Woord na die wêreld. Dit bied geleentheid vir geestelike groei en om medegelowiges te bedien en geestelik te versorg. Hierdie groepe word ingedeel volgens spesifieke behoeftes en omgewing. Die groepe kom op ’n weeklikse basis bymekaar.
Kontakpersone:
Annaliese of Connie 012 997 8100 / 8064 omgee@moreleta.co.za
Skakel in by 'n groep | Laai Bybelstudiemateriaal af
KLEUTERBEDIENING
Hier voorsien ons in die unieke geestelike behoeftes van ons baba’s, kleintjies en kleuters d.m.v. ’n verskeidenheid kreatiewe en interaktiewe maniere.
Kontakpersoon:
Riana Andersen 012 997 8083 riana@moreleta.co.za
WOW KIDZ
Kinderkerk, kampe en uitreike vorm alles deel van die WOW kidz se strategie om na Laerskoolkinders op hulle vlak uit te reik. WOW Kidz kom elke Sondagoggend gedurende die skoolkwartaal bymekaar: Gr 1-2 die Blousaal, Gr 3 Groensaal, Gr 4 Perssaal en Gr 5-6 in die Rooisaal.
Kontakpersone:
Jorrie 012 997 8060 (Gr 5-6) jorrie@moreleta.co.za
Christine 012 997 8057 (Gr 1-2) christine@moreleta.co.za
Hannelie 012 997 8042 (Gr 3-4) hannelie@moreleta.co.za
Facebook blad: Wow kidz
TIENERBEDIENING
Hier sorg ons vir baie opwindende gebeure en leerervaringe vir jongmense tussen 13 tot 17 jaar oud. Omgeegroepe gebeur na die aanddiens op Sondae. Join ons gerus op Facebook - Tiener Crowd om op hoogte te bly van opkomende events. Die iService is spesiaal vir ons jongmense en daar word hulle taal gepraat.
Kontakpersone:
Christo Ryan 012 997 8049 woema@moreleta.co.za
Dorette Kasselman 012 997 8015 dorette@moreleta.co.za
GAP
Die fokus van GAP is studente en jong volwassenes tot 30 jaar. Deur middel van kampe, weeklikse samekomste, belangegroepe, omgeegroepe, jeugdienste en uitreike vind hierdie jongmense kreatiewe nuwe maniere om mekaar te dien en Jesus te verheerlik.
Kontakpersoon:
Rassie Fourie 012 997 8032 gap@moreleta.co.za
Facebook blad: GAP Moreleta
ENKELBEDIENING
Hierdie bediening is vir alle Enkellopendes tussen 30 en 60 jaar. Ons kom weekliks in kleingroepe bymekaar wat spesifiek vir Enkellopendes is. Ons kom ook maandeliks bymekaar vir ’n geestelike inbou sessie en ’n sosiale byeenkoms.
Kontakpersoon:
Alisha de Lange 012 997 8088 alisha@moreleta.co.za
Facebook blad: Enkelbediening Moreletapark gemeente
VROUEBEDIENING
Die fokus van die Vrouebediening is om die Naam van Jesus uit te dra deur vroue wat vroue dien. Deur hierdie bediening word gemeentevroue en vroue van buite ons gemeente met die liefde van Jesus bedien sodat elkeen Jesus in haar eie invloedsfeer kan gaan uitleef en dien.
Kontakpersoon:
Alisha de Lange 012 997 8088 alisha@moreleta.co.za
Facebook blad: Vrouebediening Moreletapark gemeente
MANNEBEDIENING
Die Mannebediening poog om ander manne deurlopend vir God te wen, hulle toe te rus as Geesvervulde, getroue dissipels van Jesus en hulle dan te mobiliseer om meer manne na Jesus te lei. Ons wens is ook dat elke man ’n man na God se hart sal wees. So sal hy ook tot seën vir sy gesin, familie en ander kan wees.
Kontakpersoon:
Alisha de Lange 012 997 8088 alisha@moreleta.co.za
Facebook blad: Moreletapark Mannebediening
GOUE KRUIK
Hierdie is ‘n bediening uitsluitlik vir ons ouer lidmate. Ons wil ons senior burgers se geestelike lewe verryk deur geestelike reekse aan te bied op tye wat die seniors pas. Daar is ook senior omgeegroepe waar hulle met medegelowiges van hul eie ouderdom en belangstellingsveld die Here kan dien.
Kontakpersoon:
Anne-Maree Steenkamp 012 997 8112 amsteenkamp@moreleta.co.za