Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik.

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Inligting

Adventures4Christ

Dit gaan ook oor JOU! Kom blaas af saam ons en blaas iemand om met verbasing, maak jou hare los en wees jouself, dis al wat God van ons wil hê! Heb. 10:24 “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade”

Website: http://www.adventures4christ.co.za
Location: Pretoria
Lede: 10
Nuutste Aktiwiteit: Aug 5, 2010

Dis ‘n nuwe groep, ’n nuwe begin, ’n nuwe manier. "Being a Christian does not mean boredom" Dis tyd dat ons vir die wêreld wys, om ‘n Christen tewees beteken nie die einde van jou lewe nie, maar die begin daarvan.
Adventures4Christ is uitreik met ’n verskil.
Dis great om mense oral oor die aarde te raak en te gaan vertel van God, maar het ons al gedink aan die mense langs jou en om jou, terwyl jy met vakansie is?
Daar is soveel van ons wat ’n behoefte het om “te behoort” , om meer tewees as net te bestaan en wat wil voel ons maak ’n verskil vir iemand om net “ek” tewees.
Ons kan net soveel fun hê as die in die wêreld, in teendeel het ons nog meer fun! Kom ons wys dit vir die wêreld, laat ons aksies en gedrag die wêreld oortuig.
Hierdie groep is vir almal met ’n lus vir avontuur, ’n lus om tewees en te behoort.
NPO: 071-493

Gespreksforum

This group does not have any discussions yet.

Alle Kommentaar

Voeg Kommentaar By

You need to be a member of Adventures4Christ to add comments!

Comment by Dewald Rosema on September 15, 2009 at 3:12pm
Dis great Marius en ek is seker ons gaan julle ook nog join, iets wat ek nog bitter graag wou doen is Namibie!
Comment by Marius Scheepers on September 15, 2009 at 11:49am
As dit by avontuur kom en alles in te sit om die wereld deur die evangelie te bereik, kan julle gerus ons stories lees onder ons groep: Namibie sending onder die hofie: groepe. Doen dit al vir 6 jaar.

Groete

Marius
 

Lede (10)

 
 
 

Video van die week

Oudio

Loading…

Foto's

Loading…
  • Voeg Foto's By
  • Sien Nog

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service