Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik.

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Duifies Kleuterskool

Inligting

Duifies Kleuterskool

Moreleta Duifies is ‘n créche cum kleuterskool wat ‘n diens aan die gemeenskap lewer deur middel van opvoedende onderrig vanuit ‘n geestelike perspektief.

Lede: 2
Nuutste Aktiwiteit: Mar 5

Welkom by Duifies Kleuterskool!

Moreleta Duifies is ‘n créche cum kleuterskool wat ‘n diens aan die gemeenskap lewer deur middel van opvoedende onderrig vanuit ‘n geestelike perspektief

Die skool het ten doel om ‘n positiewe, Christelike, liefdevolle, warm en veilige atmosfeer daar te stel, sodat die kind optimaal in alle aspekte van menswees kan ontwikkel. So ‘n atmosfeer kan slegs geskep word deur die fokus op ons Hemelse Vader te plaas.

 

Ons akkommodeer babas van 3 maande tot kleuters in Gr R. 


Tel: 012 997 6233; Faks 086 676 8616 

E-pos: duifies@moreleta

[lees meer]

Gespreksforum

This group does not have any discussions yet.

 
 
 

Video van die week

Oudio

Loading…

Foto's

Loading…
  • Voeg Foto's By
  • Sien Nog

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service