Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik.

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Inligting

Gesinsbediening

Moreletapark Gesinbediening se visie is om ouers te help om God se hartklop vir gesinne te ervaar, sodat hulle Hom persoonlik kan leer ken as Vader en ‘n Goddelike nageslag kan grootmaak wat Hom eer.

Website: http://www.moreleta.org/ouerskapskursusse/
Location: Pretoria
Lede: 12
Nuutste Aktiwiteit: Feb 21

Welkom by Gesinsbediening!

Moreletapark Gesinbediening se visie is om ouers te help om God se hartklop vir gesinne te ervaar, sodat hulle Hom persoonlik kan leer ken as Vader en ‘n Goddelike nageslag kan grootmaak wat Hom eer.

Ons wil ouers bemagtig om hulle Godgegewe mandaat as ouers op te neem, sodat hulle die “joy” van ouerskap kan ervaar en dit uitleef as ‘n getuienis wat God verheerlik.

Ons poog om dit te doen deur ouerskapkursusse en ondersteuningsnetwerke te vestig.

Kursusse dek die spektrum van voorgeboorte tot tienerfase en word in ‘n kleingroep formaat aangebied.

Die kleingroepformaat skep die geleentheid vir ondersteuning, geestelike mede-verantwoordelikheid, om mekaar uit te daag om dinge toe te pas en om by mekaar prakties te kan leer.

Dit gee ook vir jou hele gesin, veral vir jou kinders, ‘n groep van eendersdenkendes waar hulle hulleself kan wees en saam kan groei en ontdek.

Alle Kommentaar

Voeg Kommentaar By

You need to be a member of Gesinsbediening to add comments!

 

Lede (12)

 
 
 

Video van die week

Oudio

Loading…

Foto's

Loading…
  • Voeg Foto's By
  • Sien Nog

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service