Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik. 

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Ons Leraars

Hieronder kan jy al die portefeuljes en kontak besonderhede van ons leraars raaksien. Kontak hulle gerus as jy enige vrae of voorstelle het, of as jy meer wou weet van hoe om by enige van die spesifieke bedieninge in te skakel.

 

Ds Sarel Visser - Geestelike leier
Sekretaresse: Marlene Jordaan 012 997 8062 / marlene.jordaan@moreleta.co.za

Ds Dirkie van der Spuy - Moreletapark Assosiasie (MPA) - Leier
Sekretaresse: Marlie Jacobsz 012 997 8066 /dvdspuy@moreleta.co.za

Dr Johan Smith - Leier: Gemeentefokus
Sekretaresse: Anne Robbertse 012 997 8009 / anne.robbertse@moreleta.co.za

Ds Dolf Kruger - Leier: Gemeenskapsfokus
Sekretaresse: Marlene Jordaan 012 997 8062 / marlene.jordaan@moreleta.co.za

Ds Pieter Badenhorst - Leier: Versorgingsfokus
Sekretaresse: Elsa Roos 012 997 8115 / elsa@moreleta.co.za

Ds Willem Badenhorst - Leier: Wêreldfokus
Sekretaresse: Marié Bloem 012 997 8034 / marie.bloem@moreleta.co.za

Ds Stephen Temeki - Leier: Shining Light
Sekretaresse: Susari Teubes 012 997 8038 / susari.teubes@moreleta.co.za

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service