Leraars

Sarel Visser

As eerste dominee van Moreletapark gemeente, het Sarel van die ‘geboorte’ van die gemeente in 1985 saam met die familie gegroei.

Lees Biografie

Andre Peasley

Andre het in Oktober 2012 by die Moreletapark familie aangesluit. Hy het in Johannesburg, Gauteng grootgeword en is n lojale Leeus en Stomers ondersteuner.

Lees Biografie

Christo Ryan

Christo aka. (Woema) het op skool reeds geweet hy moet vir die Here werk en was vir verskeie jare betrokke by die VCSV.

Lees Biografie

Dirkie van der Spuy

As leier van Moreleta Assosiasie (MPA), die Gemeente se nationale en internasionale uitreikfokus, is dit vir Dirkie n passie om gemeenteleiers te help om n nuwe vlam te laat brand in hulle eie harte en in hulle gemeentes.

Lees Biografie

Dolf Kruger

Dolf hanteer enkele leraarsfunkies soos dope, huwelike, begrafnisse soos versoek. Hy hanteer al die bekeringsdope en die begeleiding van navrae daarmee.

Lees Biografie

Greta Serfontein

Greta is die jongste van die predikantspan en n dame met n passie vir Godsdienswetenskappe, die vakrigting waarin sy albei haar Meestersgrade voltooi het.

Lees Biografie

Hendrik Saayman

Hendrik was sedert 1997 tot 2008 voltyds betrokke by Moreletapark se Sendingbediening. Hy is sederdien betrokke by opleiding en nasorg van kerkplanters en ook by n organisasie wat betrokke is by die bewusmaking van gemeentes se Missionele verantwoordlikheid.

Lees Biografie

Ian Dubery

Ian is ons omgee-mens. Dit kom duidelik na vore in die manier hoe hy sy passie vir mense en hulle omstandighede uitleef deur sy geloof.

Lees Biografie

Janlu Kuyler

Janlu is die enigste boetie tussen vyf ouer sussies in hulle familie. Hy is lief vir kuier saam met die raserige lot en is ook n gemaklike ekstrovert wat veel eerder by vriende sal kuier as om aleen by die huis te wees.

Lees Biografie

Johan Smith

Johan (aka Proffie) beskryf homself as ” ‘n tipiese Jesus freak”. Hy is steeds dolverlief op sy vrou Helena. twee skoonseuns en ‘n skoondogter en twee kleinkinders.

Lees Biografie

Manie Botha

Manie is ‘n innoverende leier wat staat is om mense wat saam met hom werk te inspireer met “out of the box” idees en passievolle visie.

Lees Biografie

Manie Groenewald

Manie aka (Groenies) se lewensteks is Ps. 73:25: ” Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte aan Hom behoort ek vir ewig.”

Lees Biografie

Pieter Breytenbach

Pieter is sedert 2005 deel van die Moreleta familie as gemeentebestuurder. Hy is ‘n lojale Sharks rugby ondersteuner en geniet ‘n lekker kuier om ‘n braaivleisvuur

Lees Biografie

Pieter Badenhorst

Pieter is by Moreletapark Gemeente sedert 2008. Hy is passievol oor mense. Hy huil saam oor mense se pyn en seer en sal enige iets doen om hulle te help.

Lees Biografie

Willem Badenhorst

Willem is lief vir die natuur en die lewe. Hy draf graag vir oefening en geniet dit om tyd in die natuur saam met sy familie deur te bring.

Lees Biografie