Moreleta Jeug

Ons bedien graag elke kind. Hulle is welkom - van babas tot studente.

EREDIENSTE

MORELETA KIDDIEZ & KIDZ 09:00

MORELETA AANDDIENS: 17:00 (Hoof-oudit)
Tienerkleingroepe vergader direk na die aanddiens

Jeug inskrywings vir 2023

MORELETA KIDDIEZ

0-6 jaar (Gr R) | 09:00-10:15 Sondae

Ons hartsbegeerte  by MORELETA KIDDIEZ is om die kroon van God se skepping, sy kinders, met die Woord te bedien op `n speelse liefdevolle manier.

0-15 Maande:
Pienkvoet lokaal – vlak 1, Hoof-oudit  

16 maande – 6 jaar:

Duifies kleuterskool

MORELETA KIDZ

7-13 jaar (Gr. 1-7) | 09:00-10:30 Sondae

Ons roeping is om elke kind te lei om in verhouding te staan met God ons Vader, Jesus ons Verlosser, en die Heilige Gees wat in elkeen sy tuiste vind. 

@REVOLUSIE HUB
KIDZ Graad 1-3: Perssaal
TWEENZ Graad 4-6: Rooisaal
JUMP Graad 7: Geelsaal
Clarissa van der Merwe | 012 997 8051

MORELETA TEENZ

14-18 JAAR (Gr. 8-12) | MORELETA AANDDIENS 17:00

Die primêre behoeftes en fokus is om jongmense te begelei na geestelike volwassenheid en ‘n diepe, intieme verhouding met God deur die Woord en werking van die Heilige Gees. Ons doen dit deur Geesvervulde eredienste en dinamiese, sosiale kleingroepe (Sondae direk na die aanddiens).

Clarissa van der Merwe | 012 997 8051

MORELETA STUDENTZ

18 JAAR+  | MORELETA AANDDIENS 17:00

Die primêre behoeftes en fokus is om studente te begelei na geestelike volwassenheid en leierskap in die gemeenskap. Studente speel ‘n kritiese rol in die energie en pas waarmee ons die bediening uitvoer. Ons doen dit deur Geesvervulde eredienste en dinamiese, sosiale kleingroepe (Donderdae 19:00-21:00).

PC Pretoruis | 012 997 8034

INSKRYWINGS

Skryf jou kind en tiener, Graad 1-12, aanlyn in.
Voorskoolse kinders, 0-6 jr, skryf in by Duifies Kleuterskool (voor die aanvang van MORELETA KIDDIEZ op Sondae).
Aanlyn inskrywings:  voor Woensdag 16:00 vir komende Sondag.

WEES DEEL VAN DIE REVOLUSIE

Maak vandag die keuse om ‘n verskil te maak in jongmense se lewens! Deel in die JESUS REVOLUSIE wat kinders en jongmense se lewens verander deur die liefde van Christus!

WORD DEEL