Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik. 

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Is jy 'n besoeker, of nuut ingeskakel by die gemeente?

Baie welkom by ons Gemeente!

Hier moet jy gemaklik voel en is jy welkom om enige tyd vrae te vra. Kliek gerus op die skakels wat jou interesseer en loer rond om meer te wete te kom oor die Gemeente se DNA en gebeure.  As jy so verkies,  kan jy die adminkantoor skakel om te gesels en meer persoonlik te konnekteer.

Ons help graag en wil hê jy moet so gou moontlik tuis voel!

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service