Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik. 

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Opleiding en Ontwikkeling in Moreletapark Gemeente

Die fokusarea is verantwoordelik vir die groei area van 'n mens se lewe, ons werk hoofsaaklik met enige vorm van opleiding, kursusse, seminare en materiaal.  Dit is ons werk om elkeen op 'n gestruktureerde manier bewus te maak van elke vorm van Toerusting en Opleiding.

Verder is dit Toerusting en Opleiding se taak om Moreletapark Gemeente se nuwe Dissipelskaproete neer te sit vir die gemeente om te volg.  Die roete bestaan uit die fundamentele geestelike elemente wat elke persoon nodig het om 'n dissipelmaker te word.

Dit is dan ook die fokusarea se werk om seker te maak dat elke vorm van Toerusting en Opleiding sal inpas as deel van ons gemeente se missie en visie.

Dit is Toerusting en opleiding se werk om 'n bepaalde standaard te handhaaf met alle vorm van Toerusting en Opleiding sodat elke gemeente lid verseker sal wees dat dit van die beste gehalte is.

Verder doen die fokusarea ook navorsing vir nuwe Toerusting en Opleiding sodat elke persoon wat met die fokusarea op datum sal wees van die nuutste en mees relevantste Toerusting en Opleiding daar buite.  Dit is ook ons werk om te verseker dat daar 'n Toerusting en Opleiding biblioteek sal wees vir almal se gebruik sodat daar altyd geleentheid is vir almal om te groei.  Toerusting en Opleiding doen graag die evaluering van alle nuwe produkte sodat elkeen wat Toerusting en Opleiding se stempel op 'n produk sien sal weet dat dit deel vorm van wat ons gemeente vir elkeen droom.

Ons sien onsself as 'n ondersteuningsfunksie om elke persoon op gemeente, gemeenskap en wêreld fokus te begelei om die nodige geestelike elemente hier te vind, verder is dit ook deel van ons werk om die dissipelskap roete te bestuur vir die hele gemeente sodoende te voorsien dat Jesus alles in elkeen sal wees.

Verder is dit ons taak om elkeen wat  'n gawe of passie het in lering op te lei in ons bestaande kursusse en deel te maak van ons missie om mense dissipelmakers te maak.

Kontakbesonderhede

e | stefan.campher@moreleta.co.za
t  | 012.997.8000 

Om vir enige kursus te registreer, of vir algemene navrae, kontak: opleiding@moreleta.co.za

   

 

Kursusse [Eerste kwartaal 2012]:

Nuwe lidmate en besoekers:

  1. GPS kursus
  2. Ontdek jou plek kursus

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service