Paastyd Omstandigheid

– Manie Groenewald

Was jy al ooit deur omstandighede gedwing om op `n spesifieke plek te wees waar jy glad nie wou wees nie?  Sowat `n maand gelede bevind ek myself heel naweek in die Kaap – besig met die toerusting van kleingroepleiers vir ‘n paar gemeentes.  En kan jy dit glo, daar mis ek my vlug terug huistoe…met 6 minute.  Dit was nie my skuld nie.  Skielik bevind ek myself waar ek regtig nie wou wees nie.  Ek wou huistoe, my vrou en kinders wag…  Met die Grave Robber-boek van Mark Batterson onder my arm begin ek toe maar lees terwyl ek redelik ontsteld wag vir `n oop sitplek op die oorblywende vier vlugte vir daardie Sondag.  “Jammer meneer” moes ek viermaal aanhoor.  “Ons het vir jou plek op môre-oggend 7-uur se vlug.”  Terwyl ek vir vriende wag om my te kom oplaai om oor te slaap, lees ek verder…
“God is in the business of strategically positioning us in the right place at the right time, but it’s up to us to see and seize those opportunities that are all around us all the time.” (bl. 60)
`n Hartroerende getuienis oor `n 17-jarige meisie wat oppad was om haar ongebore baba te laat aborteer het gevolg.  Maar `n ene Peter, wat op `n ander vlug na Phoenix moes wees, het onvoorsiens langs haar op die vliegtuig na Vegas beland.  Hy’t na haar geluister en toe die evangelie gedeel.  En só skryf Mark Batterson verder…
“One life, perhaps two was saved that day.  All because one man knew that a seat assignment might just be a divine assignment.”

Maandagoggend het ek langs Zahied beland, `n Moslem oppad na Johannesburg vir werk.  Vir die volle duur van die vlug kon ons gesels oor die sin en betekenis van die lewe, oor geloof en uiteindelik oor die sewende wonderwerk in die Johannes-evangelie: Jesus wat Lasarus uit die dood opwek.  Ek kon ons gesprek afsluit met hierdie woorde…
“The seventh miracle reveals the true true identity , the full identity of Jesus…He’s the Grave Robber.  And He saves His boldest claim for last: I am the resurrection and the life.”

Dis Aprilmaand, Paasfees 2015 is hier.  Ons herdenk die grootstre wonder van alle tye: date Iemand anders namens my en jou die volle prys betaal vir sonde, sodat ons die ewige oorvloedlewe van God in ontvangs kan neem.

Wanneer jy jouself weer op `n plek bevind waar jy nie wil wees nie, hou op ontsteld raak.  Raak rustig en vra jouself af waarmee God besig is…Hy’s altyd besig om ons strategies te posisioneer vir `n spesiale ontmoeting, dalk `n lewensveranderende gesprek – vir jouself of iemand anders.  Vind vrede in Hom, vertrou Hom en verheerlik Hom…ongeag die omstandighede waarin jy jou bevind!

Geseënde Paasfees 2015!

kategorieë: Leraarsblog