andre

Andre Peasley

André het  in Oktober 2012 by die Moreletapark familie aangesluit. Hy het in Johannesburg, Gauteng grootgeword en is ‘n lojale Leeus en Stormers ondersteuner. Op sy lewensreis het hy vir Freule, sy vrou en Kaapse liefde, in London ontmoet. Die Here het hulle geseën met drie pragtige kinders, Ane, Luan, en Shani. Hulle was bevoorreg om in Amerika te studeer en te bedien, asook in die Kaap.

André se passie is om vir Jesus te leef en om ander mense te help met Jesus konnekteer. Hy kry vervulling om as mentor ander te help om hulle gawes vir Jesus uit te leef en tot hulle volle potensiaal te ontwikkel. Hy rig graag sy kinders af met hulle sport aktiwiteite.

André is verantwoordelik vir M-Connect (Engelse en multikulturele bediening), Shining Light (Afrikatale bediening) asook Vastfontein, ons gemeente se kerkplantingsbediening.