christo

Christo Ryan

Christo aka “Woema” het op skool reeds geweet hy moet vir die Here werk en was vir verskeie jare betrokke by die VCSV. Hy geniet avontuur, sport, jongmense en meeste van alles sy gesin. Hy is al vanaf 2003 deel van die Moreletapark familie. Hy het ‘n groot passie vir jongmense, veral tieners.

Hy is dolgelukkig getroud met Jené en hul het twee kinders waarvan kleinsus ‘n wonderlike maatjie vir ouboet is! Sy lewensleuse is: Glo in God, glo in jouself en gee net jou beste. Christo hou van alle sport en kuier graag met vriende en deel grappies saam met sy kollegas. Lewenslus is beslis iets wat hy uitstraal!

Christo is o.a. verantwoordelik vir al die belangegroepe van die gemeente soos bv. enkellopendes, vroue- en mannegroepe, coffee teachings ens.