dirkie

Dirkie van der Spuy

As leier van Moreletapark Assosiasie (mpa), die Gemeente se nasionale en internasionale uitreikfokus, is dit vir Dirkie ‘n passie om gemeenteleiers landswyd te help om ‘n nuwe vlam te laat brand in hulle eie harte en binne hul gemeentes. Hy is ook moderator van die Oostelike Sinode en ondervoorsitter van die Algemene Sinode. Hy is doelgerig ingestel vir die uitkring van herlewing en is vanaf 1988 deel van die Moreletapark familie; eers as gemeenteleier en onlangs as leier van mpa.

Dirkie is ‘n skrywer wan formaat en het al talle boeke wat o.a. fokus op kleingroepe, geestlike groei en leierskap, die lig laat sien. Hy speel graag tennis en geniet dit om in die Kaap by sy kinders te kuier. Hy is getroud met Esther en hul het vyf kinders.