dolf

Dolf Kruger

Dolf hanteer enkele leraarsfunkies soos dope, huwelike, begrafnisse soos versoek. Hy hanteer al die bekeringsdope en die begeleiding van navrae daarmee. Hy is elke Donderdag op kantoor en ander dae soos nodig.

Dolf is deel van die Gemeenskapfokusspan, hanteer die ondertsteuning en die geestelike begeleiding by Lesideng en vier ander organisasies in die gemeenskap. Hy doen die Alpha-opleiding met leiers uit Woodlane Village elke Donderdagaand. Hy is ook n koordineerder van die Lifetalks bediening wat cd’s versprei na 60 firmas in Moreletapark en omgewing, asook 82 skole se onderwysers wat voorsien word van cd’s. Verder is dit baie lekker om meer tuis te wees en nuwe dinge te leer!