greta

Greta Serfontein

Greta is die jongste van die predikantspan en ‘n dame met n passie vir Godsdienswetenskappe, die vakrigting waarin sy albei haar Meestersgrade voltooi het. Sy vind vreugde en vervulling in die daaglikse uitlewing van haar roeping en haar lewensbegeerte is om in gehoorsaamheid en in oorgawe met God te lewe. Sy het in 2012 by die Moreletapark familie aangesluit.

Sy glo in ‘n gesonde en fikse liggaam, wat net so belangrik is as ‘n gesonde gees. Sy draf gereeld en neem graag aan padwedlope deel. Greta geniet dit om te skilder en mosaïek te doen en hou ook daarvan om te reis. Sy deel graag ‘n grappie met haar kollegas maar kan ook net so ernstig wees met dinge wat haar na aan die hart lê. Haar lewensmotto is: “Be simple in lifestyle, sincere in word and serious with responsibilities”.

Greta is o.a. verantwoordelik vir gemeenskapsprojekte soos by Woodlane Village, Purehope Kids, PEN, asook kursus/toerusting ontwikkeling.