hendrik

Hendrik Saayman

Hendrik was sedert 1997 tot 2008 voltyds betrokke by Moreletapark se Sendingbediening. Hy is sederdien betrokke by opleiding  en nasorg van kerkplanters en ook by n organisasie wat betrokke is by die bewusmaking van gemeentes se Missionele verantwoordlikheid. Hy skilder graag in sy vrye tyd maar probeer ook gereeld drag en hy het selfs die Comrades marathon al vier keer voltooi. Hy speel graag Woensdae middae tennis teen ds. Dirkie en ds. Willem (waarin hy se hy altyd aan die korste ent trek).

Hendrik is passievol om die Koningkryk van God te verteenwoordig en mense te help om die lewende God te ontmoet. Hy is getroud met Jurita en het 3 pragtige dogters naamlik Charlotte, Sulani en Jute.