ian

Ian Dubery

Ian is ons omgee-mens. Dit kom duidelik na vore in die manier hoe hy sy passie vir mense en hulle omstandighede uitleef, deur sy geloof. Geloof het Ian al deur sy eie swaarkrytye deurgehelp en die inhoud van die woord “genade” is die kern waarom sy lewe draai. In sy vrye tyd geniet hy fotografie, jag en diepseevisvang. Hy is vanaf 2009 deel van die Moreletapark familie.

Ian glo dat die Here gekom het om vir ons lewe in oorvloed te gee (Joh 10:10) en hy lewe voluit vir elke dag. Sy grootste behoefte is om mense deur toegewyde dissipelskap te bereik sodat hulle ook die “genade lewe” hulle eie kan maak deur te glo. Die sigbaarheid van die Heilige Gees in sy lewe straal vanuit sy persoon en sy diensbaarheid vir die Here. Hy deel graag lekker geselsies en drukkies met sy kollegas en lag gewoonlik die heel hardste! Ian is dolgelukkig getroud met Mandie.