janlu

Janlu Kuyler

Janlu is die enigste boetie tussen vyf ouer sussies in hulle familie. Hy is lief vir kuier saam met die raserige lot en is ook ‘n gemaklike ekstrovert wat veel eerder by vriende sal kuier as om alleen by die huis te wees. Hy is sedert 2012 deel van die Moreletapark familie.

Hy hou van braaivleis en tuisgebakte brood en as jy hom wil bederf bring jy beskuit, sjokolade of skaapboud. Hy en sy gesin hou jaarliks in die Hartenbos/Mosselbaai omgewing vakansie. Janlu is met Suzanne getroud en hul het twee pragtige dogtertjies. Hy glo die beste belegging is sy kinders, daarom hou hulle van fietsry, kamp en stap in die natuur.

Janlu is verantwoordelik vir o.a. nuwe intrekkers, dope, huweliksbevestigings, die gasvryheidsbediening en volwasse belydenis.