johan

Johan Smith

Johan (aka Proffie) beskryf homself as ” ‘n tipiese Jesus freak”. Hy is steeds dolverlief op sy vrou Helena. Hul het twee skoonseuns en ‘n skoondogter asook twee kleinkinders en hy is geheg aan almal! Sy gesin is vir hom baie belangrik waarna sport in vele vorme maar meer vergestalt in Roger Federer, ‘n groot rol speel.

Johan oefen graag en is ‘n positiewe mens wat eerder geleenthede in probleme raaksien. Humor en lag is belangrik en poog hy gereeld om ernstige dinge met ‘n grappie op te helder. Twee waardevolle rolmodelle is Moerder Teresa en dr. Ben Carson, mense wat bereid was en is, om hul lewens en gawes met die wêreld te deel. Johan is sedert 2002 deel van die Moreletapark familie.