manieB

Manie Botha

Manie is ‘n innoverende leier wat in staat is om mense wat saam met hom werk, te inspireer met buite-die-boks idees en passievolle visie. Hy begelei jongmense deur en met dié dinge wat vir hulle belangrik is. In sy styl daag hy hulle uit om hul eie identiteit en doel te vind; hy doen dit deur die krag van humor! Sy passie vir die lewe en onbeperkte energie maak hom ‘n verfrissende bydrae tot enige span en waardevolle bate met ‘n aansteeklike optimistiese uitkyk op die lewe!

In die afgelope byna 20 jaar is Manie geslyp tot unieke kommunikeerder om primêr met die nuwe generasie te konnekteer. Hy doen dit deur te mentor en te inspireer in persoonlike of span/groepsverband en lei jongmense om doelgerig en kragdadig hulle sterkpunte en individuele potensiaal te ontdek.