ManieG

Manie Groenewald

Manie aka “Groenies” se lewensteks is Ps. 73:25: ” Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte aan Hom behoort ek vir ewig.”

Manie is getroud met Ronel, ‘n wiskunde onderwyseres. Hul het twee kinders van die Here ontvang. Manie is lief vir draf en swem, om skaak te speel en geniet dit om te lees. Hy hou van kosmaak, veral ‘n potjie, en fliek graag saam met sy vrou. Hy kuier ook graag saam met vriende. Manie en Ronel is albei baie lief vir musiek en om te sing, en het al ‘n gospel album vrygestel.

Manie is o.a. verantwoordelik vir volwasse kleingroepe, die kunste en lofprysingsbediening en eredienste.