PieterBad

Pieter Badenhorst

Pieter is deel van die Moreletapark familie sedert 2008. Hy is passievol oor mense. Hy huil saam oor mense se pyn en seer en is toegewyd om te help waar hy kan. Hy glo vas dat die Here enige pyn en seer kan genees en sien dit elke dag in die spreekamer situasie.

Pieter hou van tuinmaak, kuns, musiek, lees en kuier. Hy glo aan gesond leef en oefen bykans elke dag. Hy is gelukkig getroud met Ina. Hulle het drie kinders: Adri, Ronel en Nico. Ronel is getroud met Gerald en hulle het twee jong kinders.