PieterBry

Pieter Breytenbach

Pieter is sedert 2005 deel van die Moreletapark familie, as Gemeentebestuurder. Hy is ‘n lojale Sharks rugby ondersteuner en geniet ‘n lekker kuier om ‘n braaivleisvuur. Hy is ‘n toegewyde gesinsman en baie lief vir sy familie. Pieter is mal oor sport en is totaal uitverkoop aan Jesus. Hy is gelukkig getroud met Carien en hul het twee kinders.

Pieter word nie gou kwaad nie en is ‘n geen-fieterjasies persoon. Algemene bestuur en leierskap is sy passie en hy hou daarvan om in mense in te bou, te help bestuur en het ‘n goeie sin vir humor (veral as dit by rugby kom). Hy is ‘n lojale spanwerker, vriend en leier vir die personeel