sarel

Sarel Visser

As eerste dominee van Moreletapark gemeente, het Sarel van die ‘geboorte’ van die gemeente in 1985 saam met die familie gegroei. Tans, as Leier Gemeentebou, geniet hy dit om mense beter te leer ken, en saam met hulle oplossings te soek vir vrae oor die Waarheid. Sarel leef sy soeke na waarheid ten diepste uit met sy aanbiedinge van Bybelskool Donderdae-oggende. Hy geniet die Goue Kruik seniors-aksie, en het ‘n sterk passie vir manne se harte en mannebediening. Sarel is ook betrokke by die gemeente se siekesorg aksie.

Sarel is gelukkig getroud met Ilse en dra hulle eenheid baie sterk op die hart. Saam het hulle 5 kinders, uniek op hulle eie manier, wat vir hulle tot groot seën is.

Van kleins af is Sarel lief vir die natuur en benut elke geleentheid om meer te leer daaroor, soos om vakansietye saam met Ilse en sy skoonouers in die wildtuin, klein en groot van die natuur te waardeer. Sabi-Sand Mannebediening gee Sarel die voorreg om sy passie vir die natuur en vir mannebedienining te kombineer.

Vir ontspanning geniet Sarel gholf, en werk op die oomblik entoesiasties aan die doelwit om sy voorgee te verbeter.