Willem

Willem Badenhorst

Willem is lief vir die natuur en die lewe. Hy draf graag vir oefening en geniet dit om tyd in die natuur saam met sy familie deur te bring. Hy is lief vir rugby en het self as provinsiale skeidsregter gekwalifiseer. Hy hou van braaivleis en saamkuier. Willem is getroud met sy skoolliefde Marisa en hul het drie kinders. Hy is ook ‘n skrywer en het al die boek “God in die sirkel – herlewing die hoop vir ons tyd”, die lig laat sien.

Willem is sedert 2006 deel van die Moreletapark familie en is passievol oor herlewing, evangelisasie, gebed en om die wêreld die boodskap van Christus te laat hoor. Sy lewensleuse is: Carpe Diem (gryp die dag) wat goed te bespeur is in sy alledaagse lewe.