Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik. 

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Preke - Luister en aflaai!

Hier kan jy allerhande oudio hulpmiddels kry waarna jy sommer direk op die internet kan luister, of kan aflaai om later op jou rekenaar of mp3 speler te luister. Kyk regs vir al die verskillende afdelings...
 

LUISTER LEWENDIG!


Om te sien wie wanneer preek, kliek hier vir die nuutste afkondigings. 
 
 
Om enige van die preke hieronder af te laai, kliek regs op die skakel, en kies "save as...", dan kan jy dit op jou rekenaar bêre en later luister of aanstuur.
 

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service