Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik.

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Moreleta Netwerk Admin

Kontak die Netwerk webspan

Hier kan jy enige vrae, voorstelle of ander kommentaar lewer oor die netwerk, die gemeente of enige ander ding!

Sien uit om te gesels...

Profile Information

Naam en van?
Moreletapark Gemeente

MP Admin se Fotos

Loading…
  • Voeg Foto's By
  • Sien Nog

MP Admin's Blog

Concert of Prayer: Madagascar

Van Marokko tot in Japan en van Rusland tot by Soedan – ‘Concert of Prayer’ bring die onbereiktes na jou! Jy sien lande en gesigte, hoor musiek en sing in verskillende kultuurtale, jy eet met chopstix en drink uit coconuts… en God wys Sy hart en deel Sy geheime oor die nasies met jou. Sendelinge uit daardie lande kom deel hul ervarings en ons bid in groepe, as ‘n geheel en individueel. Concert of prayer is vir jonk en oud, vir Christene uit alle volksgroepe en tale, vir gesinne en…

Meer

Posted on March 12, 2012 at 2:30pm

GKPN/MPA Konferensie - Zebula 2012

Hierdie week gebeur die jaarlikse Global Kingdom Partnerships Network se konferensie. Dis 'n internasionale konferensie, en hierdie jaar is die Moreletapark Assosiasie die gasheer.

Byna 90 gaste van ongeveer 50 lande is besig om te arriveer vir more tot Vrydag se Global Kingdom Partnership Network samekoms by Zebula wat die mpa reël. Die afgevaardigdes is leiers van die grootste Christenkerke in die wêreld en kom jaarliks saam om gemeenskaplike sake te bespreek, mekaar te bemoedig en…

Meer

Posted on March 12, 2012 at 12:06pm

Kommunikasie opname 2012

Ons wil graag by jou hoor hoe jy die kommunikasie en bemarking pogings van ons gemeente ervaar. Weet jy waar om wat uit te vind? Is jy op hoogte met die nuutste verwikkelinge in en om die gemeente? Dien die afkondigings en ander kanale in jou spesifieke behoeftes?

Help ons deur die onderstaande opname in te vul - dis anoniem en gaan jou niks langer as 5 minute neem nie!

Die resulate sal ons help om ons kommunikasie na jou toe net nog meer te verfyn, en sal ons bedieninge help…

Meer

Posted on February 27, 2012 at 12:14pm

Skryf in vir ons Bosbokrand uitreik in April!

Kom lewe die liefde van Jesus in Bosbokrand. Wees 'n ligdraer in hierdie donker wêreld. Jy kan 'n verskil maak!

Die volgende uitreik vind plaas van die 27ste April tot die 1ste Mei!

Hierdie uitreik is vir die HELE gesin.  Ons gaan ondersteun ons sendeling, Walter Loots wat al 19 jaar werk in die Bosbokrand omgewing.  

Ons droom vir hierdie uitreik is om ‘n klein rol te mag speel in God se plan vir Bosbokrand se…

Meer

Posted on February 24, 2012 at 2:00pm

Hoedspruit water projek [terugvoer]

Na afloop van die onlangse vloede in die Hoedspruit-omgewing, was daar ’n ernstige tekort aan drinkwater in die omgewing. Lidmate het tydens die week van gebed +/- 3000 liter water by die gemeentesentrum afgegee en +/- R21 000 se inbetalings gemaak om te help in Hoedspruit.

 

Die 3000 liter water is met 2 vragte vervoer Hoedspruit toe. Uit die inbetalings wat gemaak is, het NG Gemeente Kampersrus nog 2000 liter drinkwater aangekoop en versprei…

Meer

Posted on February 21, 2012 at 4:02pm

Comment Wall (5 comments)

You need to be a member of Moreletapark Gemeente to add comments!

Join Moreletapark Gemeente

At 5:57pm on October 20, 2010, Tania Bisset said…
Dankie vir julle! welkom in my lewe my hart en ook Sy Bediening wees welkom tuis gelukkig en geseend! geloof hoop liefde groete mwah x Tania B
At 12:04pm on June 4, 2010, Stephan said…
Dis dood reg. Ek is bly om te help.
At 7:46pm on August 4, 2009, Madri said…
Baie dankie!!
At 11:35am on July 31, 2009, Mari Cronjé said…
Dis oor dat ek nie 'n foto van myself het nie en ook maar kamera sku is. As ek weer daar kom en my gesig het sy masker op kan een van julle my dalk sommer gou kiek. lekker naweek!
At 10:35pm on November 18, 2008, Marius Fleischmann said…
Hi Mynhardt

Ek aanvaar dat die "boodskap" in 'n hemelse taal is :)

Seker tydens demo by GBK.

Diana het laat weet dat die GBK die netwerk goedgekeur het. Ek is baie dankbaar daaroor en dankie weereens vir jou insette.
Ek sal met Harry van Huyssteen kontak - ek is betrokke by die Evangelisasie Ondersteuningsgroep en dit behoort vir ons baie goed te werk.

Groete
Marius
 
 
 

Video van die week

Oudio

Loading…

Foto's

Loading…
  • Voeg Foto's By
  • Sien Nog

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service