Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik.

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

As jy nie geweet het nie, ons gemeente het 'n departement wat net net fokus op opleiding en ontwikkeling! Al die kursusse, seminare en ander leergeleenthede word deur hulle koördineer, en jy kan enige tyd inskakel deur hulle te kontak en meer uit te vind.

Dit is ons voorreg om jou doelbewus deur die jaar ingelig te hou van geleenthede wat persoonlike groei en verbreding behels.  Jesus, alles in elkeen is ons gemeente se visie en wil ons jou graag bystaan en versterk in hierdie besondere proses.

2012 se fokus beslaan vier temas:

  1. Gesinne
  2. Huwelike
  3. Manne en Vroue
  4. Gawes en Passies

Addisionele inligting (kostes, plekke en tye) word duidelik uiteengesit in ons nuwe handleiding. Sodra hy gepubliseer is sal hy beskikbaar wees aanlyn en by die info toonbank. Jy kan solank al die kursusse vir die eerste kwartaal van 2012 hier...

Ons bid dat jy in hierdie jaar in elke lewensarea, die Here sal ontmoet d.m.v Opleiding en Ontwikkeling as instrument. Kontak Stefan Campher by (012) 997 8069 of e-pos na stefan.campher@moreleta.co.za

Groei saam met ons!

Views: 186

Voeg Kommentaar By

You need to be a member of Moreletapark Gemeente to add comments!

Join Moreletapark Gemeente

Video van die week

Oudio

Loading…

Foto's

Loading…
  • Voeg Foto's By
  • Sien Nog

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service