Ons is 'n gemeente in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Ons herinner mekaar aan ons liefde vir God en omgee vir mense met die leuse: "Jesus, alles in elkeen". Ons glo in die Bybel, luister na die Heilige Gees, en vertrou deur gebed. Gehoorsaamheid, verhoudings en diensbaarheid is vir ons belangrik. 

Al is ons bly jy besoek ons webblad, wil ons jou graag gesiglangs ontmoet! Kom maak 'n draai by een van die vele gereelde byeenkomste wat by ons gemeente plaasvind. Tussen weeklikse eredienste, omgeegroep byeenkomste, kursusse en kuier geleenthede sal jy verseker 'n plekkie kry!
Eredienste | Doop & huwelike | Raak betrokke

Ons webblad dien as 'n sentrale bron vir verskeie formate van media, wat jou kan help met geestelike groei, om in te skakel of net algemene inligting te kan bekom. Laai ons preke af, of lees enige van ons verskeie publikasies aanlyn. Hier kan jy ook enige belangrike vorms of dokumentasie bykom.

Hier gesels ons oor die Wêreldfokus bediening!

Wêreldfokusbediening (WFB) bestaan om die Evangelie in al sy dimensies na mense buite ons geloofsgemeenskap en buite ons kultuur te neem tot by dié wat dit nog nooit van Jesus gehoor het nie. Een komponent van ons geestelike werkers fokus op Moslems, Oosterse gelowe en Afrika gelowe. Die ander komponent van ons werkers vanuit SA waar hulle ook ‘n bydrae lewer om die ander gelowiges toe te rus deur mobilisering en dissipelering sodat die evangelie ook deur Kort Termyn Uitreike die fokusgroepe kan bereik. Een van die pilare waarop die bediening berus is gebed en daarom bied WFB aan die einde van elke maand ook ‘n ‘gebedskonsert’ aan waartydens ons op verskillende maniere vir ‘n spesifieke land intree. Korttermyn-, sowel as gebeds uitreike is ook binne die fokus van die WFB. Die WFB het ten doel om geestelike werkers en gemeentes te mobiliseer, toe te rus en uit te stuur. Die WFB reik uit na mins-geevangeliseerde bevolkingsgroepe, geloofsgemeenskappe buite die Tswane Metropool, asook na die vervolgde kerk. 

Ons is by die WFB terdeë daarvan bewus dat tendense in die Wereld gedurig besig is om te verander en dat ons tred moet hou. Ons is in baie opsigte besig om te beweeg van ‘n klassieke benadering waar ‘n geestelike werker vir jare in ‘n vreemde land tuisgegaan het, na ‘n eletroniese era afhangende van die voorkeur van ons teikengroepe. Ons is opgewonde oor die moontlikhede wat die selfoon media, internet en sosiale netwerke inhou. Baie van ons teikengroepe bevind hulle in lande waar die politieke situasie onstabiel is en visa’s word al hoe meer ‘n probleem. Ons moedig werkers aan om hulle self te bekwaam sodat hulle as tentmakers binne hierdie kulture kan opereer. Gelukkig is Engelse onderwysers oral welkom.

Die WFB werk nie in isolasie nie en is vir ons baie belangrik om met verskeie kundiges en vennote te netwerk om saam antwoord te gee aan die opdrag van Jesus in Matteus 28:19-20 om die evangelie aan die hele wêreld te verkondig en dissipels van alle nasies te maak.

 

Kontakbesonderhede

  • Ds Willem Badenhorst : Leier : Wêreldfokus
  • René Rossouw : Bedieningsleier WF | rene@moreleta.co.za
  • Maresa Maree : Koördineerder WF | maresa@moreleta.co.za [sendingkandidate, gebedskonsert, korttermyn uitreike]
  • Administratiewe Beampte [besonderhede binnekort beskikbaar]

© 2012   Created by MP Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service