REVOLUSIE JEUG

Ons bedien graag elke kind. Hulle is welkom - van babas tot studente.

EREDIENSTE

REVOLUSIE KIDDIEZ & REVOLUSIE KIDZ@9
A.g.v Covid-19 regulasies is eredienste tans slegs aanlyn (sluit 15 November)

REVOLUSIE JEUGDIENS:
17:00 vir tieners en 18:30 vir studente en jongwerkendes
Tienerkleingroepe kom na die diens (18:00) bymekaar

REVOLUSIE KIDDIEZ

Beplanning vir 2021
0-6 jaar (Gr R) | 09:00-10:15 Sondae

Ons hartsbegeerte  by REVOLUSIE KIDDIEZ is om die kroon van God se skepping, sy kinders, met die Woord te bedien op `n speelse liefdevolle manier.

0-15 Maande:
PiEnkvoet lokaal – vlak 1, Hoof-oudit  

16 maande – 6 jaar:

Duifies kleuterskool

REVOLUSIE KIDZ

Beplanning vir 2021
7-13 jaar (Gr. 1-7) | 09:00-10:30 Sondae

Ons roeping is om elke kind te lei om in verhouding te staan met God ons Vader, Jesus ons Verlosser, en die Heilige Gees wat in elkeen sy tuiste vind. 

@REVOLUSIE HUB
KIDZ Graad 1-3: Perssaal
Ronel Beeslaar | 012 997 8060
TWEENZ Graad 4-6: Rooisaal
Emile Ferreira | 012 997 8057
JUMP Graad 7: Geelsaal
Clarissa vd Merwe | 012 997 8051

REVOLUSIE TEENZ

Beplanning vir 2021
14-18 JAAR (Gr. 8-12) | REVOLUSIE JEUGDIENS 18:30

Die primêre behoeftes en fokus is om jongmense te begelei na geestelike volwassenheid en ‘n diepe, intieme verhouding met God deur die Woord en werking van die Heilige Gees. Ons doen dit deur Geesvervulde eredienste en dinamiese, sosiale kleingroepe (17:30-18:30 Sondae).

Clarissa vd Merwe | 012 997 8051

REVOLUSIE STUDENTZ

Beplanning vir 2021
18 JAAR+  | REVOLUSIE JEUGDIENS 18:30

Die primêre behoeftes en fokus is om studente te begelei na geestelike volwassenheid en leierskap in die gemeenskap. Studente speel ‘n kritiese rol in die energie en pas waarmee ons die bediening uitvoer. Ons doen dit deur Geesvervulde eredienste en dinamiese, sosiale kleingroepe (17:30-18:30 Sondae).

PC Pretoruis | 012 997 8034

INSKRYWINGS

Skryf jou kind en tiener, Graad 1-12, aanlyn in.
Voorskoolse kinders, 0-6 jr, skryf in by Duifies Kleuterskool (voor die aanvang van REVOLUSIE KIDDIEZ op Sondae).
Aanlyn inskrywings:  voor Woensdag 16:00 vir komende Sondag.

WEES DEEL VAN DIE REVOLUSIE

Maak vandag die keuse om ‘n verskil te maak in jongmense se lewens! Deel in die JESUS REVOLUSIE wat kinders en jongmense se lewens verander deur die liefde van Christus!

WORD DEEL | “>Kyk VIDEO

KLERE-REEKS

REVOLUSIE klere-reeks: Bestel vandag nog jou eie REVOLUSIE T-hemp, Hoodie en Flat Cap.
Aanlyn bestellings  |  Produkreeks brosjure