Beradings Sentrum

kolle

wholeness@moreleta.co.za
012 997 8035

Wat kan die Wholeness Sentrum vir my doen?

Die lys van dienste strek van Professionele geregistreerde Beraders, Maatskaplike dienste, Gebedsgroep vir Siekes, lering in basiese berading, ondersteuning en nog meer.


Hoe kan ek die Wholeness Sentrum
ondersteun/bystaan?

Skenkings word deurentyd benodig itv noodverligting wat kos insluit.

  • Jy kan jou gawes en talente beskikbaar stel om ander by te staan.
  • Gebedsondersteuning.
  • Finansiele donasies vir “vouchers”.
  •  Of wat die Here ookal op jou hart druk.

 

Die sentrum is geleë op die onderste vloer van die Admingebou waar vriendelike personeel regstaan om jou te assisteer en op só manier “kerk” te wees.

In die Bybelboek, Handelinge, kan ons agterkom hoe die ontstaan van die vroeë kerk ontwikkel het rondom lering en versorging. Versorging van lidmate is gesien as uiters belangrik. Veral waar God se Vaderbeeld gedeel word as ‘n Vader wat sorg vir Sy kinders. Dit was en bly steeds een van die kernaspekte van ware kerk-wees: om mense te versorg en behoeftes aan te spreek. By die Wholeness Sentrum poog ons om holisties te versorg wanneer daar behoeftes ontstaan. Die vlakke wat aangespreek word sluit die volgende in:

  •  Fisiese noodverligting,
  •  Emosionele -en Geestelike berading,
  • Kundiges en professionele gewers wat hul tyd en kundigheid afstaan om veral lidmate in nood te kan bedien.

Hoe kan ons help?