Moreleta kerk en Veritas college international kondig intree-opedag aan: Indiens-teologiese opleiding nou oop vir inskrywings

Moreleta Kerk, in vennootskap met Veritas College International, kondig met trots die komende Opedag aan vir Intree, ’n baanbrekende indiens-teologiese opleidingsprogram. Die geleentheid sal plaasvind op Saterdag, 9 Mei 2026 om 10:00 by die Moreleta Kampus in Pretoria.

Hierdie strategiese samewerking kombineer die praktiese bedieningshart van Moreleta Kerk met die internasionaal erkende akademiese uitnemendheid van Veritas College International. Intree bied aan jong volwassenes (18 jaar en ouer met ‘n NSS) die geleentheid om hul roeping te ontdek en uit te leef
deur ’n model waar “leer” en “doen” gelyktydig geskied.

Hoogtepunte van die Intree-program:

Geakkrediteerde akademiese pad:

Deur Veritas College International begin studente ’n akademiese
reis wat die grondslag lê vir ’n internasionaal geakkrediteerde Meestersgraad in Teologie (MDiv).

Indiens-opleiding:

Studente word nie net in klaskamers opgelei nie, maar word as interns direk in die
polsende lewe van die gemeente geplaas.

Finansiële toeganklikheid:

Vir studente wat die voltydse program in Pretoria volg, is daar betaalde
internskapsgeleenthede beskikbaar wat help om die finansiële druk van studies te verlig.

Holistiese vorming:

Die kurrikulum fokus op die integrasie van kop (kennis), hart (karakter) en hande
(praktiese vaardigheid).

“Die vennootskap tussen Moreleta Kerk en Veritas College International bied aan studente die beste van twee wêrelde: ‘n Stewige teologiese grondslag wat wêreldwyd erken word, en die geleentheid om daardie kennis onmiddellik in ’n dinamiese gemeentelike omgewing te toets,” sê die Intree-leierskapspan.
“Ons lei nie net mense op nie; ons vorm leiers wat gereed is vir die eise van die moderne bediening.” Inskrywings vir die 2027-inname is nou amptelik oop. Voornemende studente en hul ouers word uitgenooi om die Opedag by te woon om te kom praat met die fasiliteerders en huidige studente en om meer te leer oor die praktiese internskap en die aansoekproses.

Navrae

Ronell Reynecke