Marietjie Glas

Junior Jeug Koördineerder
Junior Jeugbediening ontmoet gedurende die oggenddiens van 09:00 – 10:30. Navrae: marietjie@moreleta.co.za

Francis Coertzen

Senior Jeug Koördineerder
Senior Jeugbediening woon almal die “Nocturnal” aanddiens by om 17:00 in die hoof oudit. Daarna vind tiener kring-ontmoetings plaas in die jeuglokale en die ouers ontmoet in die Delta Oudit. Navrae: Francis@moreleta.co.za

Viandré Jürgens

Mayday Moreleta (Jong Volwassenes)
Die Jong Volwassenes (18 tot swanger) kom Donderdae om 19:00 bymekaar in die Limpoporivier saal. Op Sondae kom hulle bymekaar na die aanddiens in Meko Lounge. Navrae: Viandre@moreleta.co.za

Waar moet jy wees?

Junior Jeug:
2 tot 3 jariges – 
Olifantsrivier (Kluiskamer)
3 tot 6 jariges – Blyderivier (Ingang by Meko Lounge)
Gr 1 tot 2 – Hartsrivier saal
Gr 3 tot 4 – Krokodilrivier saal
Gr 5 tot 6 – Limpoporivier saal

Senior Jeug:
Gr 7 – Limpoporivier saal 
Gr 8 tot 10 – Hoofouditorium Voorportaal
Gr 11 – Tugelarivier saal
Gr 12– Jordaanrivier saal
Ouers – Delta Oudit

Mayday Moreleta (Jong Volwassenes):
Donderdae 19:00  – Limpoporivier saal 
Sondae na die aanddiens – Meko Lounge

Junior Jeug
“Moreleta Kerk se kinderbediening is ‘n toegewyde ruimte waar elke minuut kosbaar is en ten volle benut word. Ons fokus is nie bloot op toesig nie, maar om kinders te lei en te inspireer. Deur interaktiewe lesse en lewendige voorbeelde, leer ons hulle om Jesus en hul naaste lief te hê, en hoe om daagliks meer soos Hy te word. Ons streef daarna om elkeen toe te rus om op hul beurt weer ander te inspireer om dieselfde pad te volg, en so ‘n blywende impak vir die Koninkryk te maak.”
– Marietjie Glas

Senior Jeug
“Hier hou ons nie net kinders besig met “die regte goed” nie, ons bedien hulle met waarheid, maar selfs meer as dit – ons ontmoet elke ouderdomsgroep op hul vlak van kognitiewe vermoëns asook emosionele en geestelike behoeftes en maak van elkeen ‘n dissipel in sy en haar eie reg!”
– Francis Coertzen

Mayday Moreleta
“Mayday Moreleta is die Jong Volwassene Bediening van Moreleta Kerk – ‘n plek van behoort vir enige iemand tussen die ouderdom van 18 tot swanger. Hoekom Mayday? Dit is die noodkreet van ons generasie! Ons streef daarna om jong volwassenes te bedien en te bemagtig om as dissipelmakende dissipels en ligdraers die wêreld radikaal te transformeer! Hier ontdek ons ons roeping en leef dit saam uit!”

– Viandré Jürgens