Beste gemeentelede en vriende

September sing ‘n lied van die lente oor Moreleta Kerk! Dit kondig ‘n seisoen van groei en nuwe lewe aan in die natuur, maar ook hier in die gemeente. Ons gebruik Plant & Pledge om tweeledig Moreleta Kerk te dien. Dit gee eerstens lidmate die geleentheid om hulleself opnuut te verbind met Moreleta Kerk, spesifiek deur hulle finansiële bydraes, en tweedens gee dit ons die geleentheid om projekte van groei met die gemeente te deel.

Die wortels van die boom is wat die Here vir ons wys hier op kampus moet gebeur. Die grootste finansiële dryf in 2024/5 is om ons elektrisiteit onkoste te verminder deur solar panele te installeer. Ons wil jou met groot ywer en vrymoedigheid vra om ‘n bydrae tot die projek, sodat ons in die toekoms die finansies kan aanwend vir die lig in God se Koninkryk.

Die bome moet vrug dra! Ons het geen twyfel dat ‘n boom geken sal wees aan die vrug wat dit dra nie. In hierdie seisoen druk die Here nuwe bedieningsgeleenthede sterk op ons hart.

Is jy geplant by Moreleta Kerk? Kom saam en dra finansieel by tot die droom van hierdie kampus deur ‘n debietorder te teken, deur ‘n eenmalige bedrag by te dra spesifiek vir ons projekte, of oorweeg dit om jou maandelikse bydrae te verhoog. Kom dra vrug saam met ons langs die stroom van die lewe.

Dankie dat jy jouself by ons gaan plant! En hou aanbid saam met ons vir die stroom wat aan die vloei is.

Hoe kan ek gee?