Ons Glo
Wat ons glo & Leierskap
Ons Teologiese Visie
Waar die stroom van die Gees lewe bring
Moreleta Kerk is gebou op die Bybel as God se geïnspireerde, betroubare Woord. Ons is:
- Gereformeerd – gewortel in die Skrif en die historiese belydenisse
- Vernuwend – die Heilige Gees werk vandag nog en vernuwe ons
- Evangelies – die goeie nuus van Jesus is die middelpunt van alles
Waarin ons glo
- Een drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees, heilig en soewerein, die Skepper van alles.
- Die Bybel: God se gesaghebbende Woord, waardeur die Gees vandag nog met ons praat.
- Jesus Christus: ten volle God en ten volle mens, gekruisig, opgestaan en opgevaar. Net deur geloof in Hom word ons gered.
- Die Heilige Gees: Hy lei, troos en rus ons toe met Sy gawes vir ’n lewe van diens.
- Genade alleen: die mens is deur sonde van God vervreemd, maar Christus het die straf gedra. Ons word regverdig deur genade, deur geloof.
- Die evangelie: ons deel die goeie nuus met liefde en nooi mense uit om Jesus te volg.
- Eenheid en sending: ons werk saam met ander gelowiges om die evangelie na almal te bring.
- Geestelike stryd: Christus het die bose reeds oorwin; ons staan sterk met waaksaamheid, waarheid en gebed.
- Doop en nagmaal: twee gawes van Jesus wat ons in Sy verbondsgemeenskap inneem en ons geloof vernuwe.
- Die wederkoms: Jesus kom weer, en ons sien uit na die nuwe hemel en aarde.